
Ok, so verlede jaar was ek nie so getrou met my blog soos wat ek gehoop het nie. Kom ons glo dat 2007 'n beter poging van my kant af sal wees.
2006 het sy gat gesien en wat 'n jaar vol gebeurtenisse was dit nie! Die grootste een vir my is seker die feit dat ek Lizzie se Klip verlaat het vir groener? beter? nuwe! weivelde en na 'n afwesigheid van amper 9 jaar terugkeer na die Vriendelike Stad, die Winderige Stad, die stad waar die Mightly Elephant nie net slaap nie, maar in 'n blêddie koma is!
Om terug in SA te wees is, het sy frustrasies en mens moet partykeer tot twintig tel voordat die rooi mis verdwyn. Maar ek is bly ek is terug.
Ek is bly ek is terug want daar is nie meer dronk ouens wat loop en skree op straat nie - hulle het lankal in hulle karre geklim en huistoe gery. Ek is bly ek is terug want ek hoef nie meer parkering te soek nie - daars talle mense in helder oranje bibs wat parkering vir my uitwys. En as ek opgradeer na die R5 diens, wys hulle ook vir my HOE om te parkeer!
Ek is bly ek is terug want as ek in die oggend wakker word en ek hoor die kokkewiete in my tuin roep, word my siel ook wakker.
Want ek is terug!
Gaat je geweldig en mag julle 'n skitterende 2007 hê!

3 comments:
Buddy, die stormwater het jou van Lizzie se Klip afgespoel Baai toe. Ten minste kan jy nou sonder 'n dry suite die water aandurf.
Jinne maar ek is bly om jou weer hier te sien Soutie! Click al tevergeefs die afgelope paar maande elke nou en dan om te sien of jy nie dalk iets laat weet nie. Welkom terug op die "kuber-ruimte"!
Well Rickus, you can jolly well get yourself back to CSA Leeds and sort out those Kingswood and Doncaster jobs you left me and poor Dave with. Pronto!!!
Post a Comment