
Vandag is plaaslike verkiesings hier op Lizzie se Klip.
Mense van wie ek nog nooit gehoor het nie los vir my briefies waarin hulle vir my sê dat hulle my beste pêl is; hulle weet waar my pyne is en hulle sal hulle bes doen om my pyne weg te vat - trek asseblief net 'n kruisie langs hulle naam.
Die meerderheid mense is maar baie apaties as dit by politiek kom. Hulle gee nie regtig om wie aan bewind is nie, solank dit nie hulle dag-tot-dag lewens beinvloed nie (die NP het dit vir jare reggekry deur die mense te laat glo dat hulle die enigste beskerming teen die Swart- en Rooi Gevaar is). Daarom is dit seker nie te vergesog om te dink dat die mense wie se lewens die meeste deur 'n politiese party se beleid beinvloed gaan word , dieselfde mense is wat gaan stem nie.
Dis nou al my 4e verkiesings veldtog waar Tories, Labour, Lib Dems en die UK weergawe van die ou HNP, my gat blink lek om vir hulle te stem want sien, as jy 'n landsburger van 'n Statebond-lid is, mag jy ook stem - en hierin lê die ironie, want in die afgelope week, was die grootste politiese knelpunt die Immigrasie Wette. Charles Clarke is nou al die tweede Home Office Secretary wat onder druk is om te bedank a.g.v 'n immigrasie verwante saak - in een termyn!
So as die party se beleid strenger Immigrasie wette en jy Suid-Afrikaner, Australiër, Kiwi, Sri-Lanker, Pakistani, Indiër, Zimbabweër, Nigeriër, Wes-Indiër, Kenyaan, Tanzaniër ens, ens, is?
Vir wie gaan JY stem?
Gaat je geweldig!

1 comment:
Maar nogtans wil mens so graag ontslae raak van die useless spul wat nou aan bewind is... En ek wonder ook sommer hoe baie van die immigrasie ding een van daardie "ons soek minder mense wat nie soos ons lyk nie" dinge is.
Dink die Europese nasies word al hoe banger vir die bruin/swart/geel gevaar...
Post a Comment